Wednesday, 16 January 2008

Sjoe . . Dis n nuwe Jaar en als!

Eerste goed eerste! Voorspoedige nuwe jaar aan almal wat my blog gesoek!

Ek het laas gese ek gaan vertel van my pragtige kattie , Levi



Hy is so pragtig. n Regte stout kind!






Ek het vi Levi by die werk gekry, Uitgeteer en verskrik , skaars die helfde van my hand se grote.Daar het my onmiddelik in my hart gekruip.Hy het n maagvirus gehad (wat ek amper te laat besef het!!!) Dr toe . . . tot op datum R1500.00 later. Kattie is n week later gesond gewees en die pragtigeste dingetjie OOIT.En HY besef hy is my baas. Dis SY bed , SY sitkamerbank , SY vertrekke om te speel. Alles syne , tot ek. Maar as dit 10 uur raak en ek die ligte begin afsit , weet hy gou om te kom inkruip by sy ma.

Vertel my van julle "straat diere" wat toe alles geraak het...

Tuesday, 11 December 2007

Uiteindelik kry ek n tydjie!!!


Hallo! Hallo!

Sjoe, ek het Laaaank terug n post gelos! Osn het n personnel tekort gehad hier by die werk. Met ander woorde ek moes my werk en 2 ander se werk gedoen het. So daar was maar baie min tyd vi blog.

My suster het ok n rukkie by my gekuier.Was baie lekker.

Wie van julle ken vir "FACEBOOK" ?? Ek is soooooooooooo verslaaf daaraan, dis iets vreesliks. Maar dis so goeie geleentheid om al jou ou skoolpelle en niggies en nefies met wie jy kontak verloor het , weer te kan gesels.

Ek moet alweer waai. Ons maak die 14de toe , en daar is nog n berg werk!!

p.s. More vertel ek julle van my NUWE BABA Kattie!!!

Thursday, 13 September 2007

DALK DIE OPLOSSING VIR SKEISAKE?




AANSOEK VIR TOESTEMMING OM MY DOGTER TE MAG UITVRA





0.1 Alle aansoeke moet vergesel word van:



· 5kg (of meer) biltong,

· 12 bottels JC le Roux

· 12 bottels Bells Whiskey

· 1 kas Heineken

· n Betaalde jagsafari van 14 dae in Kenia vir 4 persone.





0.2 Hierdie aansoek sal as onvolledig beskou word en afgekeur word indien enige van die volgende NIE aangeheg is nie:



* Volledige finansiele state van die afgelope drie jaar.

* Skool en universititeit geskiedenis (NIE Technikon, Kollege of enige iets ander nie)

* Werksgeskiedenis en records.

* Familiegeskiendenis van die laaste 200 jaar (Anglo-Boere oorlog hensoppers, joiners of vermyders kan net hier stop).

* Afskrif van Polisierekords (SAP 23).

* Volledige mediese ondersoek onderteken deur n geodgekeurde dokter en psigiater.







PERSOONLIKE INLIGTING



NAAM EN VAN: ………………………………………………………………………………….



BYNAAM: …………………………………………………(Enige diername – 'Os', 'Baksteen', 'Slinger' ens. by bogenoemde sal tot afkeuring lei.)



GEBOORTEDATUM: …………………………………………………………………………….



LENGTE: ………………………………………………………………………………………….



GEWIG: …………………………………………………………………………………………...



I.K.: ………………………………………………………………………………………………..



SKOOL GEMIDDELD: …………………………………………………………………………..



ID NO: …………………………………………………………………………………………….



BESTUURDERSLISENSIE KODE: …………………………….……………………………….



VOORTREKKER RANG (TANS) EN KURSUSSE VOLTOOI: ……………………………….



HUISADRES EN TEL NO: ………………………………………………………………………



DORP OF STAD: …………………………………………………………………………………



KODE: …………………………………………………………………………………………….





Het jy een manlike en een vroulike ouer? ………………. Indien nee, verstrek redes:



Aantal jare wat hulle getroud is: …………………Indien korter as jou ouderdom, verstrek redes:



Hoeveel kinders is julle?



Gee n volledige uiteensetting in n bylaag met die nodige sertifisering deur n rekenmeester van wat jou toekomstige beraamde erfporsie gaan wees.

Bepaal ook die waarskynlikheid dat daar enige ander moontlike erfgename anders as die bekende aantal kinders soos hierbo genoem, kan wees. Ondersteun dit met die nodige leuenverklikkertoetse van beide jou ouers sowel as enige metgeselle wat hulle in die verlede gehad het vanaf die ouderom 16 jaar.



Besit jy:



n Kombi? ……………………………

n Ford Sierra: ………………………..

n Datsun SSS: ……………………….

Enige ander kar met n drukvin, lemoen in die lugdraad of allooiwiele wat nie standaard is nie? ……………………………………….

n Waterbed? …………………………

n Bakkie met n matras agterin? ………………………………..

Kondome? …………………

Enige pornografie? …………………………………………….

Dra jy n oorbel, neusring, naeltjiering, ens? …………………..

Het jy n tattoeermerk? ………………………………….….

Rook en suip jy? ………………………………………..….



Indien enige antwoord op enige van die bogenoemde vra JA is – moenie voortgaan met die voltooiing van die aansoekvorm nie, (vir veiligheisdredes) en verlaat onmiddelik die perseel.



In minder as 50 woorde, wat beteken 'LAAT' vir jou?



In minder as 50 woorde, wat beteken 'MOENIE AAN MY DOGTER RAAK NIE' vir jou?



In minder as 10 woorde, wat verstaan jy onder die volgende:



KASTREER? ……………………………………………………………………………………



GENADEDOOD? ……………………………………………………………………………….



In NIE MINDER as 5000 woorde, verduidelik wat jy verstaan onder die word 'VRY'. Skryf dit op jou eie papier en voeg by aansoek.



Sal jou ouers hulle vrywillg aan genetiese toetsing onderwerp of sal doofpyle gebruik moet word?



Enige besware teen die deursoeking van jou persoonlike goed, voertuig, hok, gat of enige ander blyplek?



Voltooi die volgende sinne:

(Antwoorde sal as vertroulik beskou word.)



Indien ek raakgeskiet word, wil ek nie in/op my ……………………………. getref word nie.



Indien ek geslaan word, wil ek baie graag NIE die volgende bene gebreek he nie:



…………………………………………………………………………………………………

(Verstrek mediese fonds, nommer en hospitaal van jou keuse)



n Vrou se plek is in die: ………………………………………………………………………



Die een ding wat ek hoop NIE gevra sal word in die onderhoud nie, is: …………………….



Wanneer jy n meisie vir die eerste keer ontmoet, wat sien jy heel eerste raak?



NOTA: Indien enige liggaamsdeel genome word wat begin met n 'P', 'T', 'D', of 'G', stop dadelik en verlaat die perseel.



Risiko factor: Indien jy op enige stadium die terein moet verlaat, hardloop in S'e en hou jou kop laag



Wat wil jy word INDIEN jy moontlik groot word?



Wat is die huidege tariewe van n hotel- of motelkamer?



Kondome kom in pakkies van: (Omkring een)



· 3

· 6

· 9

· 12

· Al die bogenoemde





HIERMEE BELOOF EK PLEGTIG DAT AL DIE BOGENOEMDE INLIGTING KORREK EN WAAR IS. VERKEERDE INLIGTING MAG (SAL/KAN? –JOU KEUSE!) LEI TOT DIE DOOD, ONTMANNING, DIE VERLOOR VAN LEDEMATE, ROOIMIER-MARTELING, ELEKTRIESE SKOK, CHINESE MATERMARTELING EN/OF ROOIWARM YSTERTOEDIENING.





………………………………………………………………………

NAAM EN HANDTEKENING



Verseker dat bogenoemde verklaring be-eedig word en vergesel word van 150 vooraanstaande mense in jou omgewing se petisie handtekeninge dat hulle die aansoek ondersteun.



Afhangende van sekere sleutelinligting, laat asseblief 6 jaar toe vir prosessering.



Jy sal skriftelik in kennis gestel word indien jou aansoek aanvaar word waarop jy tyd moet toelaat vir verdere ondervraging en/of forms wat voltooi moet word.



Moet asseblief nie probeer om telefonies, elektronies, skriftelik, per posduif, vingertaal of deur middel van rookseine met my of my dogter in verbinding te tree nie.

(DIT KAN/SAL/MAG TOT ERNSTIGE BESERINGS LEI)



L.W. Indien jou aansoek afgekeur word, sal jy persoonlik in kennis gestel word deur twee here in swart pakke met wit dasse wat elk n viooltas dra.



Dankie vir jou belangstelling!



Ek praat onder koreksie.Maar Suid Afrika het glo die hoogste skei syfer . ..

Wednesday, 12 September 2007

Die Blomme Is weer mooi vanjaar




OOOOOOOO .. . dis pragtig!! Die blomme is weer verruklik mooi vanjaar.En die dae en ure is net te min om oral uittekom.Want, voor ons ons oê uitvee reen dit (wat net nog mooier blomme maak ,en die "oues" verniel) of die wind waai dit in hulle kanon in.

So sal ons mensdom ook nooit gelukkig wees nie .Is die koud , moan ons, is sit warm ... Moan ons ook. Waai die wind , wens ons vir n stil dag , Waai dit NIE ,klae die boere van droogte.Dis hoekom ek probeer om elke dag te vat soos dit kom.Al klae ek ok soms (soos oor sinus) probeer ek alles wardeer!

Hoop dit more net so mooi dag daar waar almal hulle bevind . . .

p.s: Vertel vir "sorgsuster" van julle klagtes . . . !





Tuesday, 28 August 2007

Blomme & sinus!







Alo Daar!

Die pragtige blomme hierbo gee my vreeslik sinus! Vir 3 maande drink ek oggend & aande sinus pille. Vir 3 maande is ek n verslaafde . .. anders kan ek nie oorleeef nie.

Genoeg gekla!Dis n heerlikke sonskyn daggie, ek het darem opgestaan vanmore , warm stort gehad en warm klere om aantetrek.

Dit laat my nou aan iets anders dink. Ek eet nie graag groente of broodkorsies nie. En as ek dit so mors , se my ma vi my "daar is kiinders wat nie so bevoorreg is nie" Dan wantw ek haar met " Nou vat dit vir hulle , ek het baie om voor dankbaar te wees, as simple broodkorsies of aaklige groente"

Hoop die dag is wonderlik vir almal!






Monday, 27 August 2007

My eerste Tree in "Cyberspace"

Hallo daar!

Dis my eerste tree in "cyberspace".Groot en gevaarlike wereld daar buite! Daai waarteen jou ma jou gewaarsku het toe jy klein was.Hier wil ek net myself wees en myself geniet. Ek lees al n geruime tydjie ander se blogs en het gedink HIER kan ek ook net myself wees en dalk n verskil maak vir ander mense of dalk net iemand se dag te maak.Soos n dagboek wat jy vir die onbekende gee om te lees. Ek is nie famous nie.Ek is nie mooi nie .Ek is net ek.