Thursday, 13 September 2007

DALK DIE OPLOSSING VIR SKEISAKE?




AANSOEK VIR TOESTEMMING OM MY DOGTER TE MAG UITVRA





0.1 Alle aansoeke moet vergesel word van:



· 5kg (of meer) biltong,

· 12 bottels JC le Roux

· 12 bottels Bells Whiskey

· 1 kas Heineken

· n Betaalde jagsafari van 14 dae in Kenia vir 4 persone.





0.2 Hierdie aansoek sal as onvolledig beskou word en afgekeur word indien enige van die volgende NIE aangeheg is nie:



* Volledige finansiele state van die afgelope drie jaar.

* Skool en universititeit geskiedenis (NIE Technikon, Kollege of enige iets ander nie)

* Werksgeskiedenis en records.

* Familiegeskiendenis van die laaste 200 jaar (Anglo-Boere oorlog hensoppers, joiners of vermyders kan net hier stop).

* Afskrif van Polisierekords (SAP 23).

* Volledige mediese ondersoek onderteken deur n geodgekeurde dokter en psigiater.







PERSOONLIKE INLIGTING



NAAM EN VAN: ………………………………………………………………………………….



BYNAAM: …………………………………………………(Enige diername – 'Os', 'Baksteen', 'Slinger' ens. by bogenoemde sal tot afkeuring lei.)



GEBOORTEDATUM: …………………………………………………………………………….



LENGTE: ………………………………………………………………………………………….



GEWIG: …………………………………………………………………………………………...



I.K.: ………………………………………………………………………………………………..



SKOOL GEMIDDELD: …………………………………………………………………………..



ID NO: …………………………………………………………………………………………….



BESTUURDERSLISENSIE KODE: …………………………….……………………………….



VOORTREKKER RANG (TANS) EN KURSUSSE VOLTOOI: ……………………………….



HUISADRES EN TEL NO: ………………………………………………………………………



DORP OF STAD: …………………………………………………………………………………



KODE: …………………………………………………………………………………………….





Het jy een manlike en een vroulike ouer? ………………. Indien nee, verstrek redes:



Aantal jare wat hulle getroud is: …………………Indien korter as jou ouderdom, verstrek redes:



Hoeveel kinders is julle?



Gee n volledige uiteensetting in n bylaag met die nodige sertifisering deur n rekenmeester van wat jou toekomstige beraamde erfporsie gaan wees.

Bepaal ook die waarskynlikheid dat daar enige ander moontlike erfgename anders as die bekende aantal kinders soos hierbo genoem, kan wees. Ondersteun dit met die nodige leuenverklikkertoetse van beide jou ouers sowel as enige metgeselle wat hulle in die verlede gehad het vanaf die ouderom 16 jaar.



Besit jy:



n Kombi? ……………………………

n Ford Sierra: ………………………..

n Datsun SSS: ……………………….

Enige ander kar met n drukvin, lemoen in die lugdraad of allooiwiele wat nie standaard is nie? ……………………………………….

n Waterbed? …………………………

n Bakkie met n matras agterin? ………………………………..

Kondome? …………………

Enige pornografie? …………………………………………….

Dra jy n oorbel, neusring, naeltjiering, ens? …………………..

Het jy n tattoeermerk? ………………………………….….

Rook en suip jy? ………………………………………..….



Indien enige antwoord op enige van die bogenoemde vra JA is – moenie voortgaan met die voltooiing van die aansoekvorm nie, (vir veiligheisdredes) en verlaat onmiddelik die perseel.



In minder as 50 woorde, wat beteken 'LAAT' vir jou?



In minder as 50 woorde, wat beteken 'MOENIE AAN MY DOGTER RAAK NIE' vir jou?



In minder as 10 woorde, wat verstaan jy onder die volgende:



KASTREER? ……………………………………………………………………………………



GENADEDOOD? ……………………………………………………………………………….



In NIE MINDER as 5000 woorde, verduidelik wat jy verstaan onder die word 'VRY'. Skryf dit op jou eie papier en voeg by aansoek.



Sal jou ouers hulle vrywillg aan genetiese toetsing onderwerp of sal doofpyle gebruik moet word?



Enige besware teen die deursoeking van jou persoonlike goed, voertuig, hok, gat of enige ander blyplek?



Voltooi die volgende sinne:

(Antwoorde sal as vertroulik beskou word.)



Indien ek raakgeskiet word, wil ek nie in/op my ……………………………. getref word nie.



Indien ek geslaan word, wil ek baie graag NIE die volgende bene gebreek he nie:



…………………………………………………………………………………………………

(Verstrek mediese fonds, nommer en hospitaal van jou keuse)



n Vrou se plek is in die: ………………………………………………………………………



Die een ding wat ek hoop NIE gevra sal word in die onderhoud nie, is: …………………….



Wanneer jy n meisie vir die eerste keer ontmoet, wat sien jy heel eerste raak?



NOTA: Indien enige liggaamsdeel genome word wat begin met n 'P', 'T', 'D', of 'G', stop dadelik en verlaat die perseel.



Risiko factor: Indien jy op enige stadium die terein moet verlaat, hardloop in S'e en hou jou kop laag



Wat wil jy word INDIEN jy moontlik groot word?



Wat is die huidege tariewe van n hotel- of motelkamer?



Kondome kom in pakkies van: (Omkring een)



· 3

· 6

· 9

· 12

· Al die bogenoemde





HIERMEE BELOOF EK PLEGTIG DAT AL DIE BOGENOEMDE INLIGTING KORREK EN WAAR IS. VERKEERDE INLIGTING MAG (SAL/KAN? –JOU KEUSE!) LEI TOT DIE DOOD, ONTMANNING, DIE VERLOOR VAN LEDEMATE, ROOIMIER-MARTELING, ELEKTRIESE SKOK, CHINESE MATERMARTELING EN/OF ROOIWARM YSTERTOEDIENING.





………………………………………………………………………

NAAM EN HANDTEKENING



Verseker dat bogenoemde verklaring be-eedig word en vergesel word van 150 vooraanstaande mense in jou omgewing se petisie handtekeninge dat hulle die aansoek ondersteun.



Afhangende van sekere sleutelinligting, laat asseblief 6 jaar toe vir prosessering.



Jy sal skriftelik in kennis gestel word indien jou aansoek aanvaar word waarop jy tyd moet toelaat vir verdere ondervraging en/of forms wat voltooi moet word.



Moet asseblief nie probeer om telefonies, elektronies, skriftelik, per posduif, vingertaal of deur middel van rookseine met my of my dogter in verbinding te tree nie.

(DIT KAN/SAL/MAG TOT ERNSTIGE BESERINGS LEI)



L.W. Indien jou aansoek afgekeur word, sal jy persoonlik in kennis gestel word deur twee here in swart pakke met wit dasse wat elk n viooltas dra.



Dankie vir jou belangstelling!



Ek praat onder koreksie.Maar Suid Afrika het glo die hoogste skei syfer . ..

2 comments:

Anonymous said...

Hallo Daar!

Hahahahahahah . . . Dink ek moet dit download en eendag so joke met my aanstaande skoonseun maak!! Arme Man!
En ja , jy is reg Dit IS n oplossing vir die skeisyfer in S.A.Geniet jou naweek daar tussen die blomme!

Chantie said...

Haai Beertjie!
Uiteindelik kom ek by jou blog uit!!
Moet dit save en vir my man gee vir eendag as die ouens by my dogtertjie gaan aanlê.
Lekker dag!